Welcome to the Frontpage

Welkom

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Last Updated on Monday, 23 November 2009 15:35 Written by Petra Monday, 23 November 2009 15:23

IN 2009 ROEP ONS STEEDS DRINGEND NA  SUID-AFRIKA SE MANNE-, VROUE- EN JONGMENSE!

  

MANNE & VROUEKAMPE wat gehou word op die EKSDERDE kampterrein is GRATIS !

Dink jy niemand gee meer vir jou om nie? Dat jou lewe net een groot gejaag na NIKS is nie? Dat niemand, insluitende jyself, meer dink jy is spesiaal nie? Is alles donker om jou?

MAAR...wéét jy hoe SPESIAAL jy WERKLIK is, liewe mens? Weet jy dat God vir JOU 'n spesiale plan uitgewerk gehad het selfs nog voordat jy gebore was? By ons kry jy presies net daardie geleentheid om vas te stel hoe JESUS CHRISTUS oor jou dink, maak nie saak wat die mense om jou en van jou sê nie.

Indien jy meer wil weet oor die afsonderlike kampe, klik net op die skakels aan die linkerkant van hierdie bladsy en lees gerus meer oor ons, en wat ons kampe alreeds in mense se lewens beteken het.

Sou jy dan besluit jy wil persoonlik meer kom uitvind tydens so 'n heerlike Bosveldnaweek, kan jy gerus die onderstaande nommers skakel om te bespreek, alternatiewelik kan jy sommer nou reeds die besprekingsvorm onder die "Besprekings" skakel invul en stuur.

Ons kan nie wag om jou by ons kampe te verwelkom en aan 'n nuwe verhouding met die lewende Jesus Christus voor te stel nie!

Kantoor sel (082) 805 0191

Faksnommer 086 688 5101

Kantoor E-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Jan Bronkhorst

Sel (082) 551 0439

Faksnommer 086 688 5102

E-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it